Kersvader op skoorsteen

Verlede jaar se Kersvader het nog pragtige wit lokke gehad

Dis Desember en dis Kerstyd! Piet Retiewers weet al te goed dat “Kersvader” elke jaar sy verskyning op die skoorsteen van ’n huis op die hoek van Draad- en Von Brandisstraat maak en hierdie jaar is geensins anders nie.

Vanjaar het “Kersvader” egter ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Dalk was dit tyd dat Piet Retief se “Kersvader” effens meer modieus raak aangesien hy nou pronk met ’n mooi donker kapsel in plaas van sy bekende wit lokke en baard.

Of miskien het ou oom “Kersvader” sy stewels vir eers opgehang en ’n splinternuwe, jonger weergawe van homself Piet Retief toe gestuur!

Hierdie jaar se Kersvader het ‘n nuwe blaadjie omgeslaan en lyk heelwat jonger as vantevore