Joligheid by Huis Immergroen se Rommelverkoping

Joligheid by Huis Immergroen se Rommelverkoping
Smaaklike eetgoedjies was ook beskikbaar

’n Ander se weggooigoed is ’n volgende een se bêregoed! Op Vrydag, 30 November, het Huis Immergroen se personeellede ’n heerlike dag beplan, propvol pret en plesier – dit was tyd vir die Rommelverkoping!

Braaivleisvure het reeds vroegoggend hoog gebrand en ’n aanloklike aroma het al die honger mae vinnig laat nader staan vir ’n boereworsrol. Daar was iets van alles te koop; van boeke tot klere en sommer allerlei mooi goedjies.

Die dag se verrigtinge was ’n reusesukses en Huis Immergroen se bestuurslede wil graag vir Rosa Maree en haar span hartlik bedank vir hul harde werk en positiewe gesindheid. Baie dankie aan elke besoeker en ook al die donateurs wat die samekoms se uitkoms beklink het. Tot volgende keer