Heyshopedam Bootklub bied weer ’n Driekamp-kompetisie aan

Heyshopedam Bootklub bied weer ’n Driekamp aan
Nog n prima Driekamp-toernooi

Saterdag, 24 November, se bloedige warm weerstoestande het perfek bygedra tot die tweede suksesvolle Driekamp-kompetisie wat deur Heyshopedam Bootklub aangebied is.

Die Heyshopedam Bootklub Driekamp-kompetisie het bestaan uit 500 meter swem, 15 kilometer fietsry en ’n 5 kilometer wedloop en deelnemers het voorwaar alles gegee om in aanmerking te kom vir bykans R5 400-00 se kontantpryse en die ongeveer R6 000-00 geborgde pryse wat op die spel was.

Met ongeveer 40 inskrywings was die kompetisie straf en individuele inskrywers moes die volledige roete op hul eie voltooi. Diegene wat as span ingeskryf het (wat bestaan het uit twee of drie spanlede) moes onder mekaar kies wie sou swem, fietsry of hardloop.

Baie geluk aan die volgende wenners: Mans individuele kategorie: Eerste plek – Eddie Fivaz Tweede plek – Johan Greeff Derde plek – Rudolf Pretorius Dames individuele kategorie: Eerste plek – Laiken Pretorius Tweede plek – San-Mari Lampbrecht Derde plek – Joni McDonald Individuele Junior kategorie: Eerste plek – Megan Filter Spanwenners: Eerste plek – Rylee Bronkhorst, Rudi du Randt en Tobani Shabalala Tweede plek – Ronan Paul, Alvin Bronkhorst jr. en Mark Filter Derde plek – Ilse Nel en Alwin Bronkhorst sr. Die held van die dag toekenning het beslis gegaan aan die 12-jarige Megan Filter wat die hele Driekamp kaalvoet voltooi het – mooi so Megan!

Vanjaar se Driekamp-kompetisie was georganiseer deur mnre. Butch en Alvin Bronkhorst namens die Heyshopedam Bootklub. Die bootklub wil graag elkeen van hul borge hartlik bedank vir hul ruim donasies en hulp om die dag se verrigtinge glad te laat verloop. Ons sien uit na die volgende kompetisie!