Gedugte ruiter Cobus van Marle

November 2018 Excelsior Nuus / News Bladsy / Page 11 Job Competencies/Key Performance Areas: • Development and implementation of action plans to support and achieve annual budget objectives, with main focus on: • Production and sales target • Productivity of staff and processes • Cost Control • Preparation of Annual Budget • Identification and implementation of initiatives aimed at minimizing the risk of internal and external factors, adversely affecting the Business Unit’s ability to earn the planned profit • Ensuring that all applicable Legislation and Regulations pertaining to safety and environment issues are compliant • Proficient at understanding and interpreting financial results Requirement/s: Qualifications: • Relevant Degree OR Equivalent qualification Experience: • At least 5 years Managerial Experience as a Mill Manager Knowledge, Skills and Competencies: • Computer Literacy (MS Word, Excel, PowerPoint and Outlook) • Leadership skills with specific reference to Industrial Relations • Communication skills • Organising skills • Report writing • Ability to work independently Other: Own Transport CLOSING DATE: 14 December 2018 Interested candidates should fax their CV for attention Thembeka Mpapane at: 086 206 5980 or e-mail: t.mpapane@timrite.co.za Appointment will be in line with company Employment Equity Plan. JOB DETAILS Mill Manager - Kemp Mill - Piet Retief Position: Mill Manager E/Type: Salaried Division: Kemp Mill Site/Location: Piet Retief Reporting: Operations Director ’n Gedugte ruiter in ons midde
Cobus van Marle en sy ponie, Polly, verower talle toekennings by SANESA Mpumalanga se jaarlikse prysuitdeling

Cobus van Marle en sy ponie genaamd Polly, het vanaf Januarie vanjaar namens Laerskool Wittenberg aan verskillende skoue vir O/9 ruiter gaan deelneem, onder die vaandel van SANESA (South African National Equestrian Schools Association) en het hom goed van sy taak gekwyt.

Elke provinsie het kwalifiserende skoue gehou vanaf Januarie en die ruiter moes aan drie van vier skoue deelneem om sodoende genoeg punte bymekaar te maak vir ’n plek in ’n provinsiale span. Cobus het elke keer in vier afdelings deelgeneem; dressage x 2, performance en working riding.

Wanneer ’n mens ’n ingebore talent het en ook ’n passie daarvoor ontwikkel, kan ’n mens nie anders as om dit voluit na te streef nie en dit is presies wat die jong, ervare Cobus van Marle doen!

Cobus en Polly het uitgeblink en by bykans al die skoue eerste plekke in die onderskeie afdelings behaal. Hy is gevolglik gekies as ’n lid van die Mpumalanga span en het weer op Dinsdag, 2 Oktober, aan die Nasionale Skou in Johannesburg gaan deelneem.

As deel van sy voorbereiding vir dié spog-skou, moes klein Cobus al douvoordag op sy perd wees en teen 06:00 soggens was hul reeds hard aan die oefen sodat hy steeds betyds sou wees vir skool ook.

By die Nasionale Skou verower Cobus ’n 6de -, 7de -, 25ste – en 30ste plek – wat ’n merkwaardige prestasie! Daarna word die klein talentvolle ruiter genooi na SANESA Mpumalanga se prysuitdeling waar hy weereens skoonskip gemaak het.

Hy het die volgende toekennings verower:

Baie geluk Cobus. Laerskool Wittenberg, jou familie asook afrigter wens jou alle sterkte toe vir 2019. Cobus sal volgende jaar in die ope-afdeling begin deelneem waar die uitdagings en toetse ook ietwat moeiliker is.