AfriForum Buurtwag sluit 2018 af met ’n heerlike geselligheid

Lede van AfriForum Buurtwag het Vrydagaand die jaar afgesluit
Lede van AfriForum Buurtwag het Vrydagaand die jaar afgesluit

Selfs harde donderslae in die agtergrond en ’n paar druppels reën kon die lede van AfriForum Buurtwag nie stuit om ’n laaste aangename samesyn te geniet ter afsluiting van die jaar se verrigtinge nie.

Op Vrydag, 7 Desember, is daar by TyreMart Piet Retief se perseel bymekaargekom vir ’n laaste saamkuiergeleentheid. Mnr. Gerhard Böhmer, het namens die bestuur van AfriForum Buurtwag die volgende bedankings gedoen:

  • Elke lid wat betrokke was en vrywilliglik deelgeneem het aan die patrolleringsoperasies om sodoende ook ’n klinkklare verskil te maak van misdaad in die dorp
  • Skenkings en donasies wat gedurende die jaar ontvang is. Sonder elkeen se bydraes sou AfriForum Buurtwag nie so suksesvol kon wees nie
  • Eet- en drinkgoed wat vanaf plaaslike supermarkte, besighede, slaghuise en privaat skenkers af ontvang is. Julle het ’n groot verskil gemaak wanneer daar laatnag patrollie gery is
  • Maatskappye en individue wat bydraes gelewer het ten opsigte van brandstof. AfriForum Buurtwag se drie voertuie ry elke aand patrollie in die dorp en die brandstof wat geskenk word hiervoor, word opreg waardeer
  • Tyd – elkeen wat sy tyd vrywilliglik opgeoffer het, het beslis ’n verskil gemaak in die veiligheid van ons dorp
  • Die dames wat altyd gehelp het met die versnaperinge wanneer daar patrollie- operasies plaasgevind het
  • Flinke diens vanaf verskeie sekuriteitsmaatskappye in die dorp Die Excelsior Nuus wil van hierdie geleentheid gebruik maak om ook AfriForum Buurtwag te bedank vir dit wat hulle in die gemeenskap van Piet Retief die afgelope jaar vermag het.

Dankie dat julle bereid is om enige tyd van die dag of nag uit te gaan en mense wat om hulp vra, by te staan. Dankie ook dat julle altyd onmiddellik reageer wanneer mense hulself in ’n noodgeval bevind.

AfriForum Buurtwag sal gedurende die Feestyd ook patrollie ry en indien jy jouself in ’n ongewenste situasie bevind, kontak gerus 071 411 0784. Sluit gerus aan by hierdie inisiatief. Die komende jaar gaan weer propvol sigbaarheidsoperasies en vele meer wees – ons sien uit na ’n nuwe nog “veiliger” jaar!