Wittenberg Gholf en Rolbaldag

Wittenberg Gholfen Rolbaldag
Baie geluk aan die wenspan van die gholfkompetisie

Wittenberg Gholf en Rolbaldag. Op ’n ysige Saterdagoggend, 20 Oktober, het bykans 104 entoesiastiese gholfspelers en 44 rolbalspelers by Paulpietersburg se Buiteklub bymekaargekom vir ’n heerlike dag van pret en plesier.

Wittenberg Gholfen Rolbaldag
Selfs al was die gras effens nat, het die rolbalspelers steeds baie pret gehad

Die Wittenberg Gholf- en Rolbaldag is ten bate van ’n fondsinsameling vir Wittenberg Skool gehou. Vir aandete, kon almal heerlik weglê aan stomende potjiekos terwyl daar steeds gesellig saamgekuier is. Baie dankie aan elkeen wat hulp verleen het om die dag suksesvol te laat verloop asook die verskeie borge vir hul ruim bydraes.

Teen omstreeks 10:00 het die reën effens opgeklaar en kon daar heerlik gholf en rolbal gespeel word en reg deur die dag is die besoekers en spelers vermaak deur ’n orkes wat almal se gemoedere warm gehou het teen die snerpende koue.

Baie geluk aan mnr. Heinrich Schutte en sy span wat die gholfkompetisie beklink het en aan Paulpietersburg Timbers wat as wenners van die rolbalkompetisie weggestap het. Dankie vir jul geesdriftige gesindheid en goeie sportmangees!