VLU Kaleidoskoop dames vier hoogtepunt

Mooi dekor en heerlike kos het bygedra tot 'n onvergeetlike afsluiting

Die dames van die VLU Kaleidoskoop tak in Piet Retief het juis dít gedoen – hulle het 2018 op ’n hoogtepunt afgesluit toe hul vir die laaste keer hierdie jaar op Saterdag, 6 Oktober, aan huis van Antoinette Jansen van Rensburg, gekuier het.

Antoinette het die dag se verrigtinge geopen met Skriflesing uit Matteus 9:17 wat lui: “’n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. As jy dit doen, bars die sakke, die wyn loop uit en die sakke is daarmee heen.

“Alles het sy bepaalde uur en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd; ’n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant en ’n tyd om uit te roei wat geplant is, ’n tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak, ’n tyd om af te breek en ’n tyd om op te bou, ’n tyd om te ween en ’n tyd om te lag, ’n tyd om te weeklaag en ’n tyd om van vreugde rond te spring.” Prediker 3:1-4

VLU Kaleidoskoop dames vier hoogtepunte
Onder die koeltebome is daar saam gelag en gekuier

Nee, ’n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en so behou jy al twee.” Die dames is bederf met ’n smaaklike ontbyt onder die koeltebome in Antoinette se tuin. Die tafels was pragtig gedek en noukeurig versier. Die gaste het ook die geleentheid gehad om te leer hoe om bottels en blikke te verf met kalkverf en dit was omtrent ’n interessante, dog leersame kuiersessie! Baie dankie aan elke lid van Kaleidoskoop vir jul moeite, opoffering en insette gedurende 2018.

Elkeen van julle se bydrae word opreg waardeer en daar word uitgesien na ’n nuwe jaar propvol dinge! Vir meer inligting oor die VLU Kaleidoskoop tak, kontak gerus vir Babie Jacobs by 082 929 0342 of die Voorsitter, Hannetjie Botha by 083 661 7318. Hoop om jou óók by die gesellighede te sien volgende jaar!