Nuwe stopstraat

Oorspronklik is daar gedink dat die straathoeke ’n nuwe lagie verf kry, maar met skreeuende remme en rooi ligte van voertuie, is daar vinnig agtergekom dat ’n nuwe vieraangebring is.

Neem asseblief kennis dat daar nou ’n stopstraat op die hoek van Kruger- en Pretoriusstraat is. Daar is egter heelwat ander kruisings in die dorp wat ook sal baat met ’n vierrigtingstopstraat aangesien bestuurders soos besetenes oor die kruisings jaag.

Ongelukkig is daar baie bestuurders wat die wet verontagsaam en dit maak nie saak of die stopteken en die verf op die pad duidelik sigbaar is of nie, hul jaag steeds bo-oor ’n kruising en hoop dat die volgende motoris maar sal stilhou.

Dalk is dit ’n goeie idee om in verskeie strate, veral dié soos Pretorius-, Kotze- en Markstraat, spoedhobbels aan te bring – dit behoort enige jaagduiwel in sy spore te stuit!