JC Potgieter skiet ’n barshou!

JC Potgieter
JC Potgieter kan skiet

Die afgelope naweek, het JC Potgieter, ’n leerling van Hoërskool Piet Retief, die Suid-Afrikaanse Handwapen Kampioenskappe, te Stilfontein, bygewoon en uitstekende resultate behaal.

JC sê die begin van die kampioenskappe het nie na sy sin verloop nie wat daartoe gelei het dat hy ’n 60-punt agterstand gehad het voordat die kompetisie in volle swang was. Na dag een was JC Potgieter slegs vier punte weg van eerste plek en hy het ook daarin geslaag om vyf van die tien rondes te wen, op een dag!

Op dag twee, eindig JC algeheel tweede met 98,5% en palm ook ses rondes as oorwinnaar in. Hy slaag ook daarin om die Standaard Junior Afdeling vir die wedstryd-hand van die jaar te wen.

Baie geluk! JC wil graag sy spanlede hartlik bedank asook vir Frontier Bullets vir hul voortdurende ondersteuning en bystand. Dit is vir eers die einde van nog ’n jaar propvol opwinding, maar 2019 wink vêr vooruit en daar word uitsien na meer fenomenale skietbyeenkomste!