HPR prysuitdeling span die kroon

HPR prysuitdeling span die kroon

“ ’n Goeie kop en ‘n goeie hart is altyd ‘n formidabele kombinasie. Maar wanneer jy ‘n geletterde tong of pen daarby voeg, het jy iets baie spesiaal!”- Oud President Nelson

Mandela Op Donderdagaand, 18 Oktober 2018, was Hoërskool Piet Retief se saal stampvol tydens die jaarlikse akademiese prysuitdeling. Trotse ouers en leerders het in afwagting gewag dat die aand se verrigtinge afskop en hul beloon word vir harde en getroue werk.

TWK het ekstra glans aan die geleentheid besorg deur twee studiebeurse aan leerlinge te oorhandig en wens ons graag vir Ashley Kroeser en Stiaan Serfontein geluk met hierdie eer! ‘n Groot dankie aan TWK vir hierdie ruimhartige gebaar asook vir die borg van die prysuitdeling!

Gun ons die geleentheid om die name van leerders wat prestige-pryse ontvang het se name aan u bekend te maak: The prestigious “Best Learner” in each grade is as follows: Grade 8: Demi von Wissel – 91,9% and Ayesha Ebrahim – 91,9% Grade 9: Joanita Weber – 92,8% Grade 10: Henry Britz – 87,1% Grade 11: Klara Meyer – 93% Luco van der Walt word aangewys as die Sportman van die Jaar.

Sportvrou van die Jaar word gedeel deur Zuneldi Labuschagne en Mieke van der Walt. The Best Sport Achievement is awarded to Sphe Mthethwa. JC Potgieter ontvang die “Beste Buitesport” toekenning. Kultuurpersoonlikheid van die Jaar: Arnau Nolan.

Meriete trofee: Ian Bouwer. Met trots word die leerders se name bekendgemaak wat die eer van “Volle Erekleure” toekom: Udo Böhmer, Lara Jonker, Judhi Rens, Isabella Klingenberg, Amy Ballantyne, Rebecca Ries, Coenraad Stapelberg, Marli Luyt, Zuneldi Labuschagne, Arnau Nolan en Andrea Beneke. Judhi Rens word beloon vir haar harde werk deur aangewys te word as die Duxleerder van Hoërskool Piet Retief, Ouma Churie oorhandig die toekenning aan haar.

Baie geluk Judhi, jou deursettingsvermoë en opoffering is duidelik en getuig haar gemiddeld daarvan – 89,7%. Baie geluk! To each of the other students who received rewards or accolades – well done, you make the school and community proud and are true ambassadors. Elke leerder wat nie ‘n prys ontvang het nie maar steeds hard werk en positief bly, julle is helder sterre in die hemelruim van HPR, hou so aan!

Aan die organiseerders van die aand, borge, mnr. Bouwer en die bestuurspan, personeel, ouers en leerders – elkeen vorm deel van ‘n unieke span, BAIE dankie vir die ondersteuning en harde werk! HPR se leuse is “Volhard/Persevere” en met so ‘n span is dit ‘n maklike taak en voorreg!