AfriForum Piet Retief se buurtwag ontvang koeëlvastebaadjies

Piet Retief se buurtwag met die nuwe koeëlvastebaadjies
Piet Retief se buurtwag met die nuwe koeëlvastebaadjies

AfriForum se buurtwag het op 24 Oktober 2018 twaalf nuwe koeëlvastebaadjies ontvang. Die tak het ‘n behoefte aan dié baadjies, ná ’n skerp toename in misdaadaktiwiteite in die omgewing, geïdentifiseer.

“Die doel van AfriForum se Piet Retief-buurtwag is om die gemeenskap in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies in noodgevalle by te staan. Goeie veiligheidstoerusting is dus van onskatbare waarde.

Die buurtwag sal voortaan verskeie aksies en patrollies in samewerking met ander kernrolspelers loods om misdaad in die dorp te bekamp,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Om by AfriForum se Piet Retief-buurtwag betrokke te raak, kontak gerus vir Bronwen Pretorius by 066 486 760.