Rugbyklub sluit 2018

Piet Retief Rugbyklub sluit 2018
Johan Pretorius (links), Asanda Lurai en Piet Nieuwenhuizen (regs)

Na ’n jaar propvol rugby met puik wedstryde, ’n rugbydag waar Piet Retief Rugbyklub ’n Amerikaanse rugbyspan gehuisves het asook ’n onvergeetlike byeenkoms waar die Cell C Sharks teen die Leopards op tuisbodem gespeel het, kom alle goeie dinge tot ’n einde en het die klub 2018 afgesluit tydens ’n heerlike samesyn.

Op Vrydag, 28 September, het Piet Retief Rugbyklub hul jaarvergadering en afsluiting by die klubhuis gehou. Tydens ’n smaaklike vingerete is die nuwe komitee vir 2019 verkies – baie geluk aan elkeen en sterkte met die taak wat vir julle voorlê.

President – Johan Bender Voorsitter – Piet Nieuwenhuizen Ondervoorsitter – Schalk Pienaar Sekretaresse – Stef Kruger Tesouriere – Bryce Pretorius Faktotum – Jacques Kruger Spelers verteenwoordiger – Wynand Nieuwenhuizen Addisionele lede – Leroy Breytenbach en Tinus Taljaard Hierdie jaar se eerste – en tweede span spelers wat hul beste spel gelewer het is ook tydens die funksie beloon.

Baie geluk aan die volgende spelers: Eerste span: Voorspeler van die jaar: Jurie Heyser Agterspeler van die jaar: Armand Kruger Mees gewaardeerde speler: Waldo Botma Speler van die jaar: Ray van der Lith Mees toegewyde speler: Martin Backeberg.

Meeste drieë vir die seisoen: Ray van der Lith Meeste punte aangeteken: Waldo Botma Tweede span: Voorspeler van die jaar: Gerdus Stapelberg Agterspeler van die jaar: Kalla van Greunen Mees gewaardeerde speler: James Fourie.

Speler van die jaar: Leroy Breytenbach Mees toegewyde speler: Asanda Lurai Meeste drieë vir die seisoen: James Fourie Meeste punte aangeteken: Leroy Breytenbach Piet Retief Rugbyklub skop weer volstoom af vroeg in Januarie 2019.

Onthou, oefening is van 18:00 tot 20:00 op Maandag, Dinsdag en Donderdag. Kom sluit gerus by ons aan!