LPR kore nuus

Laerskool Piet Retief se junior – en senior het tot dusvêr ’n puik seisoen gehad! Nasionale Eisteddfod: Beide die kore het op Woensdag, 22 Augustus aan die Nasionale Eisteddfod, by Hoërskool Piet Retief deelgeneem en uitmuntende prestasies behaal.

Albei kore het ook ’n Diploma, wat die hoogste erkenning is, gekry – baie geluk! Eisteddfod in Nelspruit: Op Vrydag, 24 Augustus, het LPR se bus al vroegmôre vertrek na Nelspruit en beide kore het aan nog ’n Eisteddfod daar deelgeneem.

Die junior koor het gesorg vir ’n hoendervleisoptrede en het ‘n A+ verower, met ’n punt van 85%. Die senior koor het die gehoor se asems weggeslaan en behaal ’n Diploma, met ’n punt van 90%.

Die kore het hulself goed van hul taak gekwyt en almal wat betrokke is, wil bars van trots! Baie dankie aan elke koorlid wat hul bes gelewer het tot dusvêr!