Landsdieners maak Bonsai bome

Landsdieners maak Bonsai bome

Laerskool Piet Retief se landsdiensleerlinge het die voorreg gehad om ‘n middag saam met ‘n bonsai spesialis deur te bring – mnr. Antony Smith van die Bonsai Vereniging van Pretoria het ons kom besoek.

Hy het aan ons kom demonstreer hoe ‘n mens ‘n bonsai boom snoei en plant. Die kinders en volwassenes het aan sy lippe gehang. Antony het vertel dat hy al op ‘n baie jong ouderdom begin het met sy bonsais en dat sy passie nou sy werk geword het. Na ‘n baie leersame middag is elke landsdiener daar weg met hul eie boom.

Ons hoop dat elkeen baie mooi na hul boompie sal kyk en dat dit ‘n erfstuk sal word vir julle kinders se kinders.

Landsdieners maak Bonsai bome
Landsdieners maakBonsai bome