Hoërskool Piet Retief nuus

Hoërskool Piet Retief nuus
Die Eerste dogter krieketspan het puik gespeel

’n Graad 12-leerling van HPR, is onlangs gekies vir die Nasionale span vir Mind Sports South Africa (MSSA). Hoërskool Piet Retief se leerlinge woeker met hul talente!

Lounay Fraser, Lounay het daarin geslaag om die afgelope naweek te kwalifiseer vir Protea-kleure – baie geluk! Mind Sports sluit in verskeie bordspeletjies soos skaak, eSport wat op elektroniese toerusting, soos selfone, gespeel word, asook historiese speletjies soos oorlogspeletjies.

Arnau Nolan het gedurende verlede week meegeding vir ’n allemintige R10 000-00! Arnau het daarin geslaag om genomineer te word tydens ’n oudisie vir Showville, ’n program op SABC 2. Op Vrydag, 17 Augustus, het die kameraspan ’n opname gemaak van ’n dag in Arnau se lewe en dit sal binnekort op die kassie gebeeldsend word.

Sterkte Arnau! Op Saterdag, 18 Augustus, het HPR se O/16 rugbyspan uitgedraf by die LC de Villiers Stadion, te Universiteit van Pretoria, om mee te ding in die finaal van die Virseker Beker.

HPR het vir Ellisras die stryd aangesê en alhoewel Piet Retief ongelukkig die wedstryd verloor het met 27-10, was dit steeds ’n besonderse prestasie om so vêr te kon vorder – baie geluk aan elke speler wat sy bes gelewer het. Op Maandag, 20 Augustus, het HPR se Eerste sokkerspan ’n pragtige telling van 3-2 teen Piet Retief Combined School aangeteken.

Op Dinsdag, 21 Augustus, was dit tyd vir die Landloop Interhoër wat in Standerton plaasgevind het. HPR se junior – en senior dogterspanne eindig algeheel derde en Lily Carr behaal ook ’n derde plek – baie geluk aan elke deelnemer! Baie geluk aan die dogter krieketspan wat ’n fenomenale oorwinning teenoor Ermelo Hoërskool gehad het op Woensdag, 15 Augustus! Op Donderdag, 23 Augustus, wen HPR se Tweede span teen Ermelo Hoërskool met 35 lopies en op Vrydag, 24 Augustus, wen die O/15’s teen Volksrust met vyf paaltjies.

111 lopies vir vyf paaltjies is in 24 boulbeurte aangeteken. Op dieselfde dag, wen HPR se Eerste seunspan teen HTS Middelburg se Tweede span. Die teenstanders teken 303 lopies in hul kolfbeurt aan en HPR beklink die wedstryd met 332 lopies – mooi so!