GXCC Besonderse prestasies!

GXCC Farm Jam Enduro
Die Niebuhr-familie tydens die Farm Jam Enduro

Gedurende die afgelope jaar, het die Niebuhr-familie, wat gaande is oor motorfietsry, aan die GXCC en die Farm Jam Enduro motorfietswedrenne gaan deelneem en goeie prestasies behaal.

Kyle, Juan, Carla en Bruno Niebuhr het tydens elke GXCC byeenkoms aan sewe verskillende wedrenne deelgeneem om ’n goeie plek op die punteleer te behaal. Tydens die Farm Jam Enduro Leg 6, neem Kyle deel in die amateurklas en eindig algeheel vierde.

Juan het ook in dieselfde kategorie deelgeneem en het tweede in die klas geëindig, terwyl Carla aan die damesafdeling deelgeneem het en ’n eerste plek verower het. Bruno het in die Junior 50cc klas deelgeneem en ook ’n eerste plek behaal. Knap gedaan!

GXCC Farm Jam Enduro
Die Niebuhr-kinders by die onlangse ronde van die GXCC wedren

Op Saterdag, 15 September, het Juan, Carla en Bruno aan ronde ses van die GXCC, ’n nasionale wedren, gaan deelneem. Juan het in die OR1 Pro-amateurklas ’n derde plek behaal en ’n algehele 10de plek verower. Carla het in die damesafdeling deelgeneem en sy het agtste geëindig en ’n algehele 13de plek behaal. In die Junior 50cc klas, het Bruno weereens ’n eerste plek losgery!

Hierdie familielede word alle sterkte toegewens vir die opkomende wedrenne waaraan hulle gaan deelneem, wat sal plaasvind op Saterdag, 6 Oktober en Saterdag, 13 Oktober. Geniet elke oomblik van dié opwindende ritte!