Boeresport vir Silwerjare Dienssentrumlede

Boeresport vir Silwerjare Dienssentrumlede
Hierdie mense kán met ’n eier in ’n lepel loop!

Boeresport vir Silwerjare Dienssentrumlede. Die son skyn, die voëltjies sing en die bloeisels verskyn oornag – verby is die ysige koue en die kuiertjies binnenshuis.

Dis nou tyd vir Boeresport pret en plesier in die buitelug! Op Donderdag, 6 September, is die bejaardes van Silwerjare Dienssentrum aangenaam verras met ’n heerlike Boeresportdag. Die lede het almal by die Dienssentrum bymekaargekom en van vroegmôre af, is daar buite gekuier.

Boeresport vir Silwerjare Dienssentrumlede
Konsentrasievlakke was hoog om te verhoed dat die eiers val

Sonlig en vars lug doen ’n mens die wêreld se goed en terwyl daar onder mekaar gekompeteer is om te kyk wie die beste “boeresporter” is, het Twin Fuels die lede bederf met ’n smaaklike ete.

Baie dankie aan elkeen wat die eerste kuiertjie in September so aangenaam gemaak het. Daar word alreeds opgewonde onder mekaar gepraat oor die volgende samekoms!