Werkswinkel bedags, partytjie-terrein snags

Werkswinkel bedags en ’n partytjie-terrein snags
Die perseel op die hoek van Zuidend - en Pretoriusstraat het in n kort tydjie ontaard in n werkswinkel en partytjieplek

Die geboue op die hoek van Zuidend- en Pretoriusstraat is ’n geruime tyd gelede afgebreek om plek te maak vir nuwe Werkswinkel ontwikkelinge, maar op hierdie stadium is dit ’n oop stuk grond wat die ideale geleentheid skep vir mense om onwettig daar besigheid te bedryf en saans partytjies te hou.

Die betrokke perseel is ’n seer oog aangesien Jan Alleman sy voertuig daagliks daar parkeer vir werkswinkel hersteldienste. Nietemin, word die parte en olie wat vir die “dienste” gebruik word, saans agtergelaat en môre begin die proses maar net weer van vooraf.

Daar is ook onlangs opgemerk dat mense nou van die perseel gebruik maak om saans partytjies te hou terwyl die musiek blêr en die braaivleisvure hoog brand. Dit is baie ongerieflik vir die inwoners in die omgewing.

Die werkswinkel eienaar se verteenwoordiger, aan wie die perseel behoort, het aan die Excelsior Nuus gesê dat die mense onwettig op die eiendom hul besigheid bedryf. Die busdienste het wel ‘n ooreenkoms met die eienaar.

Daar is ook genoem dat die werkswinkel perseel in die toekoms ontwikkel gaan word en meer inligting daaroor sal op ’n latere stadium bekend gemaak word. Dit blyk of ’n mens deesdae sommer op enige plek ’n winkel kan oopmaak – of jy nou wettiglik die perseel huur of nie. Jy kan bykans enige besigheid bedryf, al is dit selfs net op ’n sypaadjie.