Plaasaanvallers soektog duur voort

Soektog na plaasaanvallers duur onverpoos voort
Greyling-boere van Wakkerstroom (van links na regs) Oupa Kerneels, pa BP en seun Ghini (foto Landbou.com)

Soektog na plaasaanvallers duur onverpoos voort. Na ’n plaasaanval op twee bejaardes en hul kleinkind twee weke gelede in die Wakkerstroom gebied, word daar steeds ononderbroke na die verdagtes gesoek.

Volgens ’n artikel deur Charl van Rooyen is die bejaarde egpaar, Kerneels Greyling (87) en Stienie (84), deur twee gewapende plaasaanvallers in hul huis op hul plaas, Bovenvallei, oorval en van waardevolle items beroof.

Mnr. BP Greyling, seun van Kerneels en Stienie, het onlangs aan Landbou.com genoem dat in die afgelope 30 jaar, daar ongeveer sewe plaasaanvalle in die omgewing plaasgevind het, waartydens ook vier moorde gepleeg is. Hy het ook bygevoeg dat hulle die booswigte sal soek totdat hulle gekry word.

“Daar was nog nie een plaasaanval in dié gebied waar ons nie die aanvallers gekry het nie”- BP Greyling.

Die polisie volg egter elke moontlike leidraad op en meer as twee verdagtes word gesoek deur die polisie sowel as veiligheidsorganisasies in die omgewing.