Piet Retief groet vir Broer Stapelberg

Broer Stapelberg
Rus in vrede, oom Broer

Op Saterdag, 4 Augustus, het die geliefdes, naasbestaandes en inwoners van Piet Retief, wat vir Broer Stapelberg (Johannes Stephanus Stapelberg) geken het, afskeid geneem na daar verneem is van sy afsterwe in die Wilgers Hospitaal.

“Stil, Broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet en dis verlaas, daar’s nog maar één soos hy” – woorde van F.E. Celliers

Johannes Stephanus Stapelberg is op 15 Maart 1934 gebore en was een van vier kinders. Hy het skoolgegaan by Hoërskool Piet Retief en ook in die koshuis gebly, van waar hy die bynaam “die Bokser” vir homself in die kryt losgeslaan het. Hy was ook baie lief vir tennis speel en het ’n slag met woorde gehad. Na skool het Johannes (Broer) ’n graad in Landbou Ingenieurswese by Tukkies behaal.

Oom Broer se ouers het hulself op Klein Vrystaat gevestig en na universiteit het hy saam met sy pa en sy broers ingeval met die aartappelboerdery. Dié boere het verskeie geleenthede in Swaziland gehad en het met rys en katoen begin boer. Hul het ook ’n beesboerdery op die been gebring. Johannes en sy vrou vestig hulself in Sikupe, Swaziland en dit was beslis van hul gelukkigste dae.

Vandaar verhuis hul terug Suid-Afrika toe en woon op Vaalkop. In Klein Vrystaat, was oom Broer van die eerste boere wat mielies begin plant. Broer en sy familie het die gemeenskap op vele gebiede gedien; by die kerk, skole, kommando en georganiseerde landbou. Hy was gek oor visvang en het dit met soveel presisie gedoen.

Hy het selfs sy kinders verjaag by Blesbokspruitdam as hulle te veel geplas het, want hulle het die visse weggejaag! Vir die afgelope 23 jaar het Broer en sy vrou in hul dorpshuis gewoon, maar hy was steeds aktief betrokke by die boerdery se bedrywighede.

Hy en sy vrou, Erna (oorlede op 21 Februarie 2018), sou hul 57ste huweliksherdenking gevier op die dag van sy afsterwe. As seuntjie het my pa my op sy skouers gedra en my die wêreld gewys.

Daarna, vir my die wêreld se geleenthede geskep. Hy het my ook geleer om die wêreld se aanslae te trotseer. Hy was ’n formidabele mens. – Schalk Stapelberg Betsie was die oudste, twee jaar ouer as Broer. Sy was baie erg oor haar klein broertjie en het hom my Broertjie genoem.

Algaande het sy Johannes-naam in Broer verander. Dit was simbolies van sy latere rol in die lewe; hy het werklik ’n “Broer” vir die samelewing geword.” – Susters Bets en Klits Oom Broer laat vyf kinders, hul gades en sestien kleinkinders na. Innige simpatie en meegevoel aan die familie, vriende en naasbestaandes van Johannes (Broer) Stapelberg.