Jo Black kuier in Amsterdam

Jo Black kuier in Amsterdam
Jo Black kuier in Amsterdam

Die inwoners van Amsterdam het die talentvolle Jo Black se vertoning op Saterdag, 21 Julie, uitstekend gevind!

Jo Black se optrede was deel van die N.G. Gemeente in Amsterdam se Basaarfunksie vir 2018 en het in die Amsterdam Laerskoolsaal plaasgevind. Wat ’n puik produksie deur Jo en sy orkes! Klank en beligting is deur Jurie Kruger en sy span, van Cool Music Productions in Pretoria, behartig en dit was fenomenaal! Jo het sy lewensverhaal uitgebeeld en ook van sy verhouding met die Here vertel.

Jo Black kuier in Amsterdam
Jo Black (middel), saam met Amsterdam se eie “Jo”, Kobus Naudé (links) en Stefan Naudé (regs)

Hy het geweldig gegroei as kunstenaar en sy besondere nederigheid ten opsigte van sy populariteit in die vermaaklikheidswêreld, het die gaste verstom. Dit was ’n puik vertoning en smaaklike kos is ook genuttig tydens dié geleentheid.

Die organiseerders wil graag elkeen van harte bedank wat bereid was om die ysige koue te trotseer, van vêr gereis het om dit by te woon en bygedra het tot ’n genotvolle samekoms.