Dónel Uys is ’n leerling van Laerskool Piet Retief wat onlangs genomineer is om die Nasionale Landsdienskamp in Desember, in die Kaap, by te woon.

Dónel Uys en die leerlinge wat die Nasionale kamp gaan bywoon het opdrag ontvang om verskeie projekte in hul gemeenskappe te doen en Dónel het besluit om die plaaslike CMR (Christelike Maatskaplike Raad) te ondersteun. As deel van haar projek, benodig sy verskeie bydraes wat dan aan die CMR geskenk sal word om minderbevoorregte families te help.

Items soos klere, skoene, linne, skryfbehoeftes, tydskrifte, speelgoed, opvoedkundige speelgoed en speletjies asook plakkate word verlang. Indien jy enige van hierdie items het waarvan jy wil ontslae raak, kontak gerus vir Annalize Uys by 082 675 4165. Indien jy die goedere anoniem wil skenk, kan dit ook by die NG Kerkkantoor afgelewer word en duidelik gemerk word as deel van Dónel se projek.

Kom ons almal neem hande en ondersteun hierdie projek. ’n Volledige artikel met foto’s sal op ’n latere stadium in die Excelsior Nuus geplaas word wanneer Dónel haar projek oorhandig. Baie dankie aan elkeen wat reeds ruim donasies gemaak het, jul ondersteuning word hoog op prys gestel.