Plaaslike ondersteuning vir Kevin Anderson

Plaaslike ondersteuning vir Kevin Anderson
Inwoners van Piet Retief het ook die Wimbledon Finaal terdeë geniet

Die afgelope naweek was propvol sport en inwoners van Piet Retief en Suid- Afrika was ook op Sondag, 15 Julie, voor die kassie vasgenael om die Suid-Afrikaanse tennisster, Kevin Anderson, in aksie te sien.

Sedert 1921, is dit die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaner in die Wimbledon Finaal deelgeneem het en Kevin Anderson het ons nasie beslis trots gemaak. Hy het teen Novak Djokovic (‘n Serwiër) in die finaal te staan gekom nadat hy skoonskip gemaak het teen Rafael Nadal in die Wimbledon Halfeindstryd op Vrydag, 13 Julie.

Beide spelers het gesorg vir goeie tennis en moes Anderson ongelukkig die knie buig voorDjokovic. Die vuurwarm Wimbledon Finaal was ’n heerlike manier om ’n bietjie van die winterkoue af te skud op Sondag!