Devan Smith blink uit by MXSA

Devan Smith blink uit by MXSA se derde ronde
Devan Smith het op verskeie wedrenne al gewys dat hy weet wat hy doen as hy op ’n motorfiets ry

Devan Smith is steeds die enigste Hoërskoolleerling van Mpumalanga wat uitmuntend presteer by die MXSA (Motocross South Africa) se Noordelike Streeksuitdunne en het op 9 Junie 2018 aan die derde ronde deelgeneem.

In Februarie 2018, het Devan vyfde plek behaal uit vyftien deelnemers in die “125 High School Class” gedurende die tweede ronde van hierdie kompetisie. Op 9 Junie het hy in Randburg gaan deelneem en weereens uitgeblink! Devan het sesde plek behaal, uit sewentien Hoërskooldeelnemers.

Op Saterdag, 7 Julie, het Devan deelgeneem aan die vierde ronde in Johannesburg maar die uitslae is ten tye van publikasie nog nie bekendgemaak nie. Op 8 September sal hy aan die volgende ronde in Welkom deelneem en ook dan eers uitvind hoeveelste plek hy in die vierde ronde behaal het. Baie geluk Devan Smith, geniet jou motorfietssport!