Weeklikse ongeluksverslag

Weeklikse ongeluksverslag
'n Chevrolet Sonic wat op Sondag, 10 Junie, in 'n gekapte plantasie tot stilstand gekom het nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het

Weeklikse ongeluksverslag. Die Mkhondo Fire and Rescue Eenheid het twee gerapporteerde ongeluk gedurende die afgelope week gehad en die volgende inligting is aan ons bekend gemaak.

Op Sondag, 10 Junie, omstreeks 11:30 is die Noodpersoneel uitgeroep na ’n ongelukstoneel op die N2, Ermelopad. Na wat verneem word, was die bestuurder van ‘n voertuig op reis na Ermelo en het beheer verloor as gevolg van sonlig wat hom verblind het.

Weeklikse ongeluksverslag
Die minibus taxi waarin twee mense ernstig, en sewe lig beseer is, na ‘n ongeluk op die Ermelopad op Maandag, 11 Junie

Die voertuig is deur ’n draadheining en het in ’n gekapte plantasie tot stilstand gekom. Drie mense het ligte beserings tydens hierdie ongeluk opgedoen. Omstreeks 05:00, op Maandagoggend, 11 Junie, het die bestuurder van ’n minibus taxi nie ’n vragmotor gesien wat by die Truck Stop, op die N2, uitgedraai het nie.

Die pad was deinserig as gevolg van hewige mis wat sigbaarheid belemmer het. Die minibus taxi bestuurder het teen die agterkant van die vragmotor gebots en twee insittendes het ernstige beserings opgedoen terwyl sewe mense slegs lig beseer is.