Deelnemers aan Comrades Marathon

Comrades Marathon Participants from Piet Retief
Ons plaaslike atlete is gereed vir die opkomende 2018 Comrades wat op Sondag, 10 Junie, gaan plaasvind

Die gemeenskap van Piet Retief wil graag vir die atlete van Piet Retief sterkte toewens wat aan vanjaar se Comrades Marathon gaan deelneem.

Op Donderdag, 31 Mei, het lede van die Assegaai Marathon Klub by Mvana Kerk bymekaargekom vir ’n smaaklike ete en ook om elke atleet voorspoed toe te wens. Elke plaaslike atleet wat op Sondag, 10 Junie, aan die Comrades gaan deelneem, het ’n geborduurde handdoek en ’n “branded buff” ontvang.

Sterkte aan die volgende deelnemers van Piet Retief: Sabelo Sibeko, Tessie Lundie, Bonginkosi Enoch Cilo, Jan van Vreden, Annari Pienaar, Herbert Nxumalo, Zakhele Dlamini, Lucky Hleza, Xolani Ngema, Pritchard Zweli Hlatshwayo, Michael Madonsela, Claudine Klingenberg, Simoney Coetzee, Werner Peters, Titus Nkosi, Richard Nhlabathi, Marius Schoeman.

Die Comrades Marathon Organisasie (CMA), het onlangs bevestig dat hierdie jaar se roete sowel as die afstand bevestig is en dat atlete wat vanjaar gaan deelneem, gereed moet maak vir ’n 90,184 km wedloop. Direkteur Rowyn James het genoem dat die 2018 Comrades ’n afdraande wedloop gaan wees wat effens langer is as die vorige afwedloop in 2016 toe dit 89,208 km was.

Daar is sommige veranderinge aangebring aan die 2018 Comrades wedloop wat by die Pietermart izburg Stadsaal sal begin. Die roete is effens aangepas en die eindstreep is by die Moses Mabhida Stadium in Durban.

Die gemeenskap van Piet Retief sal van vroeg af al voor die kassie vasgenael wees om ons plaaslike atlete te ondersteun. Baie sterkte aan elkeen van julle – ons hou vir julle duim vas!