Comrades Marathon 2018

Comrades Marathon 2018
Familielede was oral vir ondersteuning

Op Sondag, 10 Junie, het sewentien van Assegaai Marathon Klub se lede deelgeneem aan die Comrades Marathon 2018 en dit het klopdisselboom gegaan.

Die Piet Retiewers het nie gaan lê nie en het in uitstekende tye klaargemaak by die Comrades Marathon 2018.

Baie geluk aan elke atleet van Piet Retief wat deurgedruk het en die 90,184 km kafgedraf het. Tye was soos volg: Richard Nhlabathi – 7:54:35 Pritchard Zweli Hlatshwayo – 9:02:37 Sabelo Sibeko – 9:12:06 Werner Peters – 9:23:27. Xolani Ngema – 9:31:22 Annari Pienaar – 9:44:35 (1ste Comrades) Marius Schoeman – 9:47:59 Tessie Lundie – 9:51:42 (19de Comrades) Simoney Coetzee – 9:52:12 (2de Comrades) Jan van Vreden – 10:19:12 (33ste agtereenvolgende Comrades) Titus Nkosi – 10:36:52 Claudine Klingenberg – 10:49:47 (10de Comrades, kry dus groen nommer)

Bonginkosi Enoch Cilo – 10:50:53 Michael Madonsela – 10:52:21 (10de Comrades, kry dus groen nommer) Zakhele Dlamini – 11:22:09 (1ste Comrades) Lucky Hleza – 11:22:18 Herbert Nxumalo – DNF Die Assegaai Marathon Klub se atlete verower een Bill Rowan medalje (brons medalje met silwer rand – 7 ure en 30 minute tot 9 uur afsnytyd), dertien brons medaljes (9 uur to 11 uur afsnytyd) en twee Vic Clapham medaljes (11 uur tot 12 uur afsnytyd).

Slegs een van die klub se lede kon nie daarin slaag om in die toegelate 12uur afsnytyd klaar te maak nie, maar Herbert Nxumalo het steeds volhard en aangehou.

Volgens verskeie bronne, was hierdie jaar se Comrades Marathon 2018 nie vir sissies nie, maar steeds het die Assegaai Marathon atlete nie teleurgestel nie en gewys dat hulle kán! Piet Retief is baie trots op julle!