Andries Potgieter sing sy pad oop!

Andries Potgieter
Robbie Wessels saam met Andries en sy musiekgroep

Andries Potgieter, oudinwoner van Piet Retief, is tans besig om sy pad na roem oop te sing en stadig maar seker, is hy besig om vir homself ’n loopbaan op te bou in die musiekbedryf.

Andries Potgieter sing sy pad oop!
Andries Potgieter saam met Chris Chameleon

Die Excelsior Nuus het in Maart dié jaar ’n artikel gepubliseer nadat Andries Potgieter en sy musiekgroep vir die wêreldbekende Prime Circle ’n konsert in Groblersdal geopen het. Daarna het Andries net van krag tot krag gegaan en het hy die voorreg gehad om saam met ’n verskeidenheid van Suid-Afrikaanse top kunstenaars op te tree.

Andries het die eer gehad om bekende sangers soos Chris Chameleon, Steve Hofmeyr, Ricus Nel, Robbie Wessels, Arno Carstens, Bouwer Bosch en Bad Peter se konserte te open en dit is voorwaar ’n prestasie!

Hierdie jong, inspirerende sanger met ’n enorme talent agter die mikrofoon en kitaar, beplan om nog baie hoogtes te bereik.

Andries het aan die Excelsior Nuus genoem dat hy daarna uitsien om ’n suksesvolle sangloopbaan te hê en dat hy baie hard werk daaraan om sy drome te bewaarheid. Sing gerus voort, Andries – en Piet Retief is baie trots op wat jy tot dusvêr bereik het.