VLU Saligna-tak hou hul hande besig

Saligna-tak
Kuier-kuier word die mooiste goedjies hier gemaak

Op Donderdag, 19 April, het die dames van die VLU Saligna-tak hul maandelikse vergadering gehou en hulle het baie geleer tydens die oggend! Alhoewel die weervoorspelling van reënerige, sopen- brood weer toe nie waar geword het nie, is die heerlikste sop met tuisgebakte brood steeds bedien.

Die VLU Saligna-tak -dames is ook nie bekend as dames wat met leë hande kan sit en niks doen nie. Hulle het vir mekaar nuwe borduursteke geleer en, terwyl daar gekuier is, het elkeen vir haarself ’n klein sakkie gemaak waarin ’n naaldwerkskêrtjie gebêre kan word.

VLU Saligna-tak hou hul hande besig
Die beste manier om iets nuuts te leer, is om ’n kundiger persoon te vra om jou touwys te maak

Hierdie sakkie kan dan maklik in ’n handsak of jou voertuig gebêre word sodat dit byderhand is in ’n noodgeval. Die res van die tak wil dan ook vir Charleen en Tanya geluk sê met hul prestasie tydens die Heyshopedam Pot j iekoskompetisie. Dié potjie het tweede plek behaal in die kompetisie en die span het baie energie en goeie gees gehad.

Tydens die vergadering, het die lede ’n uitnodiging gekry om aan te hou brei aan hul poppies vir die mensehandelprojek. Hierdie is ’n groot probleem in Piet Retief, al word die meeste nooit hiermee gekonfronteer nie. Omdat Piet Retief so naby is aan die Kingdom of eSwatini (Swaziland) grens, is hierdie dorp ideaal vir ‘n mensehandelmark.

Die VLU Saligna-tak se produk vir 2018 is koffie. Deur die loop van die jaar, sal die lede hierdie produk nog beter leer ken. Toe die effek wat kafeïen-bone én die vrug van die boomop die mens het aan die lig kom, het persone wat naby hierdie bome in Midde- Afrika gewoon het, dit gekou.

Teen die 1500’s het die eerste koffiehuise oopgemaak in Konstantinopel (nou Istanbul) in Turkye en Damaskus in Sirië. Koffie het eers in die 1600’s in Europa sy verskyning gemaak.