Akani Simbine
Akani Simbine is Saterdag, 21 April, saam met twee seuns van Laerskool Piet Retief

Twee leerlinge van Laerskool Piet Retief het die voorreg gehad om op Saterdag, 21 April, ’n fenomenale atleet Akani Simbine van Suid- Afrika te ontmoet – dít sommer op Laerskool Piet Retief se sportvelde.

Akani Simbine is ’n Suid-Afrikaanse naelloper met ’n rits merkwaardige prestasies. Hy het aan die 100m in die 2013 Wêreld Atletiekkampioenskappe deelgeneem asook in die 2016 Somer Olimpiese Spele. Akani eindig vyfde in die 100m wedloop van die 2016 Olimpiese Spele, te Rio de Janeiro, met ’n tyd van 9,94 sekondes.

Hy is onlangs aangewys as die 2018 Statebondspele se 100m kampioen en stap weg met die goue medalje in ’n tyd van 10,03 sekondes. Om só ’n groot sportster te ontmoet, is elke aspirant jong atleet se droom en het dit beslis vir dié jong seuns gerealiseer toe hulle Saterdag vir Akani in lewende lywe ontmoet het. Die rede vir Akani se besoek aan Piet Retief is onbekend.

Tydens die Commonwealth Spele, vier Akani sy oorwinning ksaam met silwermedalje atleet (links) Henricho Bruintjies (Foto IOL Nuus)