LPR se eerste mini-toernooi vir 2018

LPR se eerste mini-toernooi vir 2018
o 7 rugbyspan

“Mooi doel sussie!”; “Hardloop bulletjie!”; “Mooi so, jou yster!” Laerskool Piet Retief se sportvelde het behoorlik gegons met ouers en toeskouers wat die klein, vernuftige netbal-, hokkieen rugbyspelertjies ondersteun het.

Van vroegoggend af, het die busse van 10 verskillende skole by Laerskool Piet Retief aangekom. Die juniors was baie opgewonde om aan hul heel eerste winter- sport-wedstryde  mini-toernooi deel te neem.

Al was die rugbytruie nog myle te groot, of al het van die dogters se rompies op hulle maermerries gehang, het hul heel kordaat op die verskeie velde gegaan en hul hartjies uitgespeel.

Junior rugby: O/7: Met 28 ywerige spelers is die verkleinde rugbyveld betree en speel elkeen ’n bars-hou. Die A-span wen een van hul vier wedstryde en die B-span wen ook een van twee. Thank you to each player who participated and to the enormous crowd of supporters for cheering them on.

These little ones are ready for action and are looking forward to the rugby season that’s lying ahead. U/8: These boys played exceptionally well. Both teams put everything in and lost only one game. Congratulations! Junior netball: U/7: The girls lined up, very excited to play their first game.

The green team played five matches, won three and lost two. The yellow team played three games, lost one, drew one and won one. What a great way to start their season. Keep it up, girls! O/8: Die A- en Bspanne het hul ondersteuners en afrigters baie trots gemaak. Die A-span het vier wedstryde gespeel en almal gewen terwyl die B-span drie gespeel het, een gewen het en twee verloor het.

Daar word nou uitgesien na die res van die seisoen wat voorlê. Baie geluk, meisies! U/9: These girls played 6 games during this mini-tournament and excelled! They managed to win five games and lost only one.

Congratulations! Junior hokkie: O/7: Met kouse en hokkiestokke wat nog effens te lank is, het die O/7-hokkiebokkies baie dapper die hokkiebaan, in die sportsentrum, betree. Hulle speel vier wedstryde waar hul daarin kon slaag om twee te wen, een gelykop te eindig en een te verloor. Die hokkie-seisoen wink met ’n glans in die oog vir hierdie meisies. Baie geluk! U/8: Excellent games!

The yellow team scored a total of fourteen goals whilst the green team scored one. Congratulations to the goal scorers. Thank you to the sponsors for their contributions of new clothing and sweatbands – the girls looked ready for action! O/9: Die A-span het sommer vroeg al gewys dat daar nie met hulle gemors gaan word nie en wen al hul wedstryde.

Hulle teken dertien doele in vier wedstryde aan en hul opponente kon nie daarin slaag om een doel aan te teken nie. Dit wil gedoen wees! Die B-span vaar net so goed en wen albei hul wedstryde teen die opponente se A-spanne. Baie geluk meisies en hou so aan! Op Woensdag, 9 Mei, bied Lucas Meyer, in Vryheid, die volgende minitoernooi aan op hul tuisgronde.

Daar kan met sekerheid gesê word dat al die spelers se sportdrag alreeds gewas, gestryk en reg is vir aantrek vir die volgende kragmetings!