Laeveld Jagters – Pretskiet 2018

Laeveld Jagters – Pretskiet 2018
Roy Slabber - Voorlaaier

Daar is nie ‘n beter manier om die dag te beskryf as PRETSKIET nie. Met ‘n 104 skuts wat die dag bygewoon het was dit voorwaar prettig! Daar is van handwapen- tot kettieskiet, aangebied.

By die swaar kaliber baan het die Renoster jou onverwags gestorm en menige skuts onkant betrap. ‘n Voorlaaier van 1853 het ook groot aftrek gekry. Terwyl die skuts gewag het vir hul volgende skiet dissiplines, kon hulle heerlik smul aan worsbroodjies en koeldrank wat te koop aangebied is by die PRETSKIET.

Groot pryse was ook aan die wenners van die dag oorhandig: Wenners: Handwapen Veteraan Mans: Greg Pretorius, Koos v R v Oudtshoorn, Boedoe Scheepers Veteraan Dames: Dina Scheepers Sr. Mans: Heinz Dirsuwei, Paul Mouton, Henk Snyders Sr. Dames: Elease Aspeling, Rosa Potgieter, Welma Paul Jr. Mans: Lukas v R v Oudtshoorn, Raimar Paul, Xagor Naude Jr. Jr.: Dieter Dirsuwei Haelgeweer Veteraan Mans: Roy Slabber, Vlakhaas Zeelie, Boedoe Scheepers Veteraan Dames: Dina Scheepers Sr. Mans: Drotsky Pretorius, Ruaan Pretorius en Hermann Eggers, Johannes Klopper Sr. Dames: Shani Basson, Monique Eggers, Suzjaen Greyling Jr. Mans: Lucas v R v Oudtshoorn, Johann Eggers, Raimar Paul Langbaan Veteraan Mans: Greg Pretorius, Boedoe Scheepers, Koos v R v Oudtshoorn Veteraan Dames: Dina Scheepers Sr. Mans: Johannes Klopper, Hermann Eggers, Ruaan Pretorius Sr. Dames: Inge Hellberg, Elease Aspeling, Mariëtte Coetzer Jr. Mans: Johann Eggers, Lucas v R v Oudtshoorn, Raimar Paul Big Bore Veteraan Mans: Greg Pretorius, Koos v R v Oudtshoorn, Corrie Bateman Sr. Mans: Deon Brits, Steven Coetzer, Drotsky Pretorius Sr. Dames: Shani Basson, Jacky Pretorius, Mariëtte Coetzer Jr. Mans: Lucas v R v Oudtshoorn, Estiaan Coetzer .22 Darts Veteraan Mans: Boedoe Scheepers, Greg Pretorius, Koos v R v Oudtshoorn Veteraan Dames: Elize Steel, Dina Scheepers Sr. Mans: Duard van Zyl, Ernst Eggers, Marius Potgieter Sr. Dames: Shani Basson, Elease Aspeling, Inge Hellberg Jr. Mans: Jhanu Nell, Jovan Coetzee, Raimar Paul .22 Balle Sr. Mans: Max von Schlichting Jr. Mans: Darius van Zyl Sr. Dames: Elease Aspeling Windbuks Sr. Mans: Dieter Loubser, Kyle van Deventer, Duard van Zyl, Sr. Dames: Elease Aspeling, Jr. Mans: Xagor Naude, Darius van Zyl, Estiaan Coetzer Kettie Veteraan Mans: Vlakhaas Zeelie, Greg Pretorius, Sr. Mans: Dieter Loubser, Nico Bester, Arno Paul Sr. Dames: Illze Scheepers, Carina Klopper, Jacky Pretorius Jr. Mans: Dietmar Paul, Christiaan Möhle, Raimar Paul Voorlaaier: Heinz Dirsuwei Algehele wenners vir die dag: Mans: Duard van Zyl Dames: Elease Aspeling

Na afloop van die prysuitdeling, is daar heerlik gekuier en almal het gebly vir die skape wat op die spit gedraai het. Graag wil ons ook aan die borge wat die dag moontlik gemaak het, baie dankie sê.

Ons wil ook dankie sê aan elkeen wat die dag bygewoon het en ‘n spesiale dank aan al die RO’s en hul vrouens wat so hard gewerk het vir so ‘n geslaagde dag by PRETSKIET. Hoop om almal weer volgende jaar daar te sien.