JC Potgieter skiet ’n barshou!

JC Potgieter skiet ’n barshou!
JC Potgieter droom om aan die 2020 Wereldkampioenskappe, in Thailand, te gaan deelneem

JC Potgieter het op die ouderdom van 13 al begin deelneem aan plaaslike skietkompetisies en sommer in dieselfde jaar, Mpumalanga kleure vir skiet verwerf.

Gedurende 2017, het JC Potgieter deelgeneem aan die Wêreldkampioenskappe (27 Augustus tot 3 September) in Chatteroux, Frankryk en uit die 1 500 deelnemers, het hy 5de geëindig. Hy noem ook aan die Excelsior Nuus dat hy verlede jaar vir homself verskeie doelwitte vir 2018 gestel het en hy is beslis besig om een vir een van die lysie af te merk.

Vir 2018 sovêr, het JC Potgieter deelgeneem aan die Sentraal Gauteng Liga waar hy met 100% gewen het. Daarna het hy in Pretoria deelgeneem aan die eerste rondte van die Nasionale Kampioenskappe en eindig hy algeheel vyfde in die Standaardklas, met 92%. Op hierdie stadium oefen hy baie hard, want in Junie gaan hy (as lid van die Mpumalangaspan), deelneem aan die Africa Champs.

JC se grootste droom is om die Suid-Afrikaanse Standaardspan te haal vir die Wêreldkampioenskappe in Thailand, wat in 2020 sal plaasvind en hy oefen baie hard daarvoor. Woeker voort JC en hou Piet Retief sowel as Suid-Afrika se naam hoog!