HPR vs Pionier op ons tuisveld

HPR vs Pionier op ons tuisveld
HPR vs Pionier op ons tuisveld

Na geseënde weke van swaar reën wat gesorg het vir ‘n paar keer se uitstel het die dag eindelik aangebreek waarop ons kragte gemeet het teen Pionier, van Vryheid, hier op ons tuisveld.

Dit was op die ou einde ‘n lekker warm dag en het die aksie op die sportvelde nie teleurgestel nie. Ons voel jammer vir die eerste netbalspan wat verloor het maar ons weet dat almal somtyds ‘n afdag het en met hulle spogtellings van hierdie seisoen weet ons hulle gaan weer ‘n goeie wedstryd hê tydens die opkomende halfeindstryd volgende naweek. Altwee eerste hokkiespanne het gesorg vir baie goeie oorwinnings.

Net toe almal gedink het hulle kan ontspan het die eerste rugbyspan ons vermaak met ‘n aksiebelaaide oorwinning. Ons het almal langs die veld ons harte uitgeskree, tande gekners en toe daardie eindfluitjie geblaas het, het ons elkeen uit volle bors ons kreet geskree.

Uitslae: Netbal: O/14 wen 15-10 O/15 wen 25-15 O/16 verloor 16- 19 Tweedes verloor 15-20 Eerstes verloor 18-39 Hokkie O/14 gelyk 0-0 O/15 gelyk 1-1 O/16 verloor 4-1 Tweedes verloor 3-0 Eerstes wen 2-0 Eerste Seunspan wen 5-0 Rugby O/14 wen 43-15 O/15 wen 36-0 O/16 wen 45-6 Tweedes verloor 21-5 Eerstes wen 21-19.