Gholfnuus. Woensdag, 21 Maart, tydens die vakansiedag was dit verblydend om 40 spelers op die baan te sien. Almal het die heerlike warm weer en die dag terdeë geniet.

Sulke dae kan nie suksesvol gehou word sonder borge nie en daarom bedank ons Farmpure Meats en Mica vir hul bydraes. Die formaat van die dag was IPS punte asook ‘n gesamentlike “stableford” beterbal waar spanmaats se name getrek is uit ‘n hoed. Dit het die dag net bietjie anders gemaak.

Baie dankie aan JP jr. vir al die reëlings van die dag. Hierdie jong man met sy hope energie is werklik ‘n bate vir die klub. Uitslae vir die dag was as volg: IPS punte: – 1ste Henko van Barneveldt met 45 punte – 2de Andre Ernst met 43 punte – 3de Zander Coetzee met 41 punte Beterbal: – 1ste Jan Hendrik Viljoen en Henko van Barneveldt – 2de Daniel Krynauw en Wimpie Bruwer – 3de Egon Paul en Zander Coetzee Beste dryf vir mans: JP du Toit jr. Beste dryf vir mans oor 50:

Piet Roodt Beste dryf vir vroue: Linda Needham Naaste aan die pen op 4 en 13: Zander Coetzee Naaste aan die pen 6 en 15: Amos Shongwe On Saturday, 24 March, the competition was a better ball and won by two visitors from Carolina, Zach Smit and Theunis Muller. Martin Coetser and Wynand Dreyer were second with JP Du Toit Jr and Christaan van Zuydam third. Well done to the spring chicken team who halved there league game against Carolina!! Spelers moet asseblief daarop let dat nie-lede, besoekersfooie moet betaal indien hul wil speel, ook op borgdae.

Nie-geaffilieerde spelers kan nie geaffilieerde fooie betaal nie. Spelers wat nie ‘n lid van die klub is of ‘n niegeaffilieerde speler is, mag net twee keer per jaar speel. Indien hul weer sal wil speel, sal hul deelname geweier word. Maak seker hiervan sodat onnodige ongemaklike situasies vermy kan word. Happy golfing!