Elfieland se Paasprojek kom tot ’n einde

Elfieland se Paasprojek kom tot ’n einde
Arme hasie, is jy bang? Kyk net hoe jou ore hang!

Op Woensdag, 28 Maart, het Elfieland Pre-primêre Skool se jaarlikse Paasprojek tot ’n stroopsoet en wollerige einde gekom. Die kleuters het elkeen met groot ore en bosserige sterte by die skool ingestap om die Paashaas na te aap.

Opgetooi in wit, pienk en bruin het die haas-kleuters die dag so baie geniet. Tydens die gelukkige trekking is een kleuter uit elke klas gekies wat ’n Paassak vol Paaseiers en sjokolade gekry het. Verder is die kind uit elke klas gekies wat die meeste kaartjies verkoop het en dié het ’n pakkie vol Paaslekkernye ontvang.

Die onderwyseresse was beslis dankbaar dat die kinders al die suiker by die huis moes uitspeel! Die Paashaas het ook sy verskyning by Elfieland kom maak en elke kleuter kon twee weggesteekte Paaseiers soek in ’n skattejag.

Om die dag net nog meer prettig te maak, het die kleuters ’n bak-en-brou sessie ook gehad. Die skool wil graag elkeen bedank wat hulle ondersteun het. Dit word hartlik waardeer.