die betekenis van Paasfees

Paasfees
Paasfees

Die eerste skoolvakansie vir 2018 het uiteindelik aangebreek en talle ouers voel asof hulle gejaag het na wind, want voor hul behoorlik kon oë uitvee, is die eerste kwartaal verby en word daar nou uitgesien na Paasfees en ’n kort vakansie.

Oor Paastyd, lees ’n mens baie berigte of mooi boodskappe raak oor die betekenis van Paasfees, maar die onderstaande aanhaling som híérdie betekenis pragtig op. ’n Gholfstok in my hande beteken nie veel nie, maar ’n gholfstok in Ernie Els se hande beteken ‘n paar miljoen rand.

Dit hang af in wie se hande dit is. ’n Stok in my hande kan gebruik word vir selfverdediging, maar ’n stok in Moses se hande het die see geskei. Dit hang af in wie se hande dit is . . . Twee vissies en vyf brode in my hande beteken ’n paar vis-broodjies, maar twee vissies en vyf brode in God se hande beteken kos vir duisende.

Dit hang af in wie se hande dit is . . . Met spykers in my hande kan ek ’n kas bou, maar die spykers in Jesus se hande het oorwinning en verlossing vir die hele wêreld beteken. Dit hang af in wie se hande dit is . . . So, sit vandag jou bekommernisse, vrese, hoop, drome, familie en verhoudings – ALLES – in God se hande.

Onthou – Dit hang af in wie se hande jy is . . . Jy is in God se hande! Van almal by die Excelsior Nuus, mag elkeen ’n geseënde Paasfees ervaar!