Wiskuteers vier Internasionale Pi-dag

Pi-dag
Wiskuteers vier Internasionale Pi-dag

Op Woensdag, 14 Maart, of te wel 3/14, het die Wiskunde Departement van Hoërskool Piet Retief die 30ste herdenking van Internasionale Pi-dag gevier. Pi, wat met die Griekse simbool π aangedui word in Wiskunde formules, is die verhouding tussen ’n sirkel se omtrek en deursnee.

Alhoewel hierdie ’n irrasionale getal is (dit het ’n oneindige hoeveelheid desimale, sonder dat daar ’n patroon vorm), verwys meeste mense na die getal as 3,14. Vir Wiskunde-fanatikusse het dit ’n uitdaging geword om te kyk wie die meeste desimale van Pi kan vind. Tans word die rekord deur die fisikus, Peter Trueb, gehou wat Pi tot die 22.4 biljoenste desimaal gevind het. Om presies te wees, 22 459 157 718 361 desimale. Die vorige rekord was slegs 9 miljoen desimale.

Volgens NASA se Jet Propulsion laboratorium, is dit slegs nodig om Pi tot die 15de desimaal te gebruik vir interplanetêre reise. James Grime sê weer dat Pi tot die 38ste desimaal nodig is om die omtrek van die bekende heelal te bereken.

Aangesien 14 Maart ook bekende fisikus, Albert Einstein, se geboortedatum is, trek baie mense soos hy aan om hierdie dag te vier. Vir die wat minder wiskundig is, is hierdie dag bloot ’n goeie verskoning om enige sirkelvormige pasteie te maak.