VLU Salignatak is een jaar oud

VLU Salignatak is een jaar oud
Die lede het die samesyn geniet

Op Donderdag, 22 Februarie, het die VLU Salignatak hul jaar afgeskop met ’n vergadering, waarna ’n koek-en-tee gehou is om lekker te kuier.

Die lede het kortliks gekyk na die verskillende projekte wat hul deur die jaar sal kan doen en hulle het raad gekry oor die dinge waarop klem gelê gaan word tydens kompetisies. Een projek is om ’n velt-speldekussing te maak en die lede het ’n voorbeeld gekry van hoe die speldekussing moet lyk. Na die vergadering, het elke lid die geleentheid gekry om ’n lap-voël te maak en ’n kaartjie hiermee te maak.

Die lede het patrone gekry vir ’n voëltjie wat vlieg, een wat sit en ’n uil. Verder was daar verskeie kraletjies, blinkertjies en ander oulike goedjies om die kaartjies mee te versier. In die tegnologiesaangedrewe wêreld van vandag, het die lede ook besluit dat dit belangrik is om nog soms dinge met die hand te skryf.

Al voel ons soms ons handskrif is te lelik om op ’n kaartjie te skryf, los dit tog ’n deel van wie ons is op die kaartjie en ons kan dit dan met ander deel. Dit is altyd goed om een keer ’n maand saam vriendinne te kuier en hierdie maand het die koektafel dit vir almal baie gesellig gemaak.

Die tak is nou ook ’n volle jaar al aan die gang. Op Saterdag, 24 Februarie, het van die lede ook deelgeneem aan die jaarlikse Streekskonferensie, te Standerton, en hulle het hul goed van hul taak gekwyt. Die volgende prestasies is deur die lede behaal: Annemari Davis kom tweede in die Middelbaar-afdeling blomme rangskik.

Maretha Potgieter kom derde in die Middelbaar-afdeling blomme rangskik. Suzette Joubert behaal eerste plek in die Beginnersafdeling blomme rangskik. Ria Richter word in die eerste plek gekies vir haar Maandagmôre-storie. Engela Zeelie wys haar kreatiwiteit en word in die tweede plek aangewys.

Shirley Scheepers is aangewys as die Skakelbeampte van die Jaar 2017. Lindiwe Hlatshwayo received first place in the photography competition. Thandeka Nhlabathi was the member who showed the most improvement, with her embroidery. In verskeie ander afdelings het die lede ook uitgeblink. Ria Wolmarans, van Tambuki-streek, het ook uitgetree as voorsitter en Elna Kapp, van die Platrand- tak, is gekies as die nuwe voorsitter.

Die lede het hierdie konferensie baie geniet. Die tema vir die blomme was “Simfonie in Geel” en dit het die saal baie mooi opgehelder. Die Salignatak wil ook graag die ander plaaslike takke gelukwens met hulle prestasies op dié dag.