VLU Saligna-tak dink na oor hul finansiële toekoms

Saligna-tak
VLU Saligna-tak dink ’n oor hul finansiële toekoms

Op Donderdag, 15 Maart, het die VLU Saligna-tak ’n baie insiggewende vergadering gehad by Annemarie Davis se huis. Mareli Bisschoff, van TWK Versekering, het met die dames kom praat oor hoe hulle self moet seker maak dat daar vir hulle gesorg sal word in die toekoms.

Baie vrouens is geneig om hulle pensioenfonds en testament in hul mans se hande te laat en is self nie seker dat die nodige reëlings getref is om na hulle om te sien, sou daar iets met hulle mans gebeur, of wanneer hulle aftree nie. Die belangrikste ding vir ‘n vrou om te onthou, is dat dit nooit te vroeg is om vir hulself te begin spaar nie. Met Paasfees om die draai is hier ’n maklike manier om tou-balle saam met die kinders te maak wat gebruik kan word om ’n Paasboom te maak wat met Paaseiers versier kan word. Metode: Meng 1 koppie water, 2 eetlepels Maizina en 2 eetlepels koekmeel.

Blaas ballonne op in die grootte wat jy die balle verkies (waterballonne werk goed om klein balle te maak). Laat tou, wol of gare in die watermengsel lê en draai dit dan om die ballon. Los dit vir 24 uur en bars die ballon. Hierdie jaar is daar ’n Clover bakkompetisie wat deelnemers uitdaag om hul kreatiwiteit te gebruik om die heerlikste nagereg te maak. Clover het ’n basiese resep vir ’n Warm Melk Sponskoek voorsien en hierdie kan op enige manier verander word, solank die eindproduk smaaklik, interessant en visueel aptytlik is.

Die basiese resep vir ’n dubbellaag koek is soos volg: Bestanddele: 3 eiers 250ml suiker 5ml vanieljegeursel 400ml koekmeel 2ml sout 15ml bakpoeier 40ml Clover Mooiriver botter 150ml Clover volroom vars melk Metode: Voorverhit die oond tot 200˚C. Klits die eiers, suiker en vanielje saam. Sif the meel, sout en bakpoeier saam en voeg by die eiermengsel.

Verhit die botter in ’n kastrol totdat die botter gesmelt het. Voeg die meelmengsel by en meng goed. Verdeel die mengsel tussen twee gesmeerde 20 sentimeter koekpanne. Bak vir 20 minute of totdat die koek terugspring wanneer dit liggies gedruk word. Laat die koeke in die panne afkoel voordat dit uitgehaal en op ’n draadrak geplaas word. Indien jy sou belangstel om by hierdie tak aan te sluit, kontak gerus vir Elbie van der Schyff by 082 776 3118.