Interhoër
Thabisile Mashabane

Dié Interhoër byeenkoms was die afgelope Saterdag aangebied by Hoërskool Standerton. Die skole wat deelgeneem het aan hierdie byeenkoms is H/S Standerton, H/S Secunda, H/S Generaal Hertzog, H/S Hoogenhout, H/S Volksrust en natuurlik H/S Piet Retief!

Ten spyte van strawwe kompetisie het ons atlete puik presteer en kom ons algeheel derde! Ons is voorwaar baie trots op elke atleet wat sy kant gebring het op die baan. Ons motto vir die dag was “Elke plek is ‘n punt!” Ons atlete het verbete geveg om onder die eerste ses plekke te wees sodat hulle ‘n punt vir die span kon verdien.

Vier van ons top atlete is dan ook met trofeë beloon: Daarby behaal ons ook 22 tweede plekke, 29 derde plekke, 27 vier-de plekke, 25 vyfde plekke en 22 sesde plekke. Voorwaar ‘n puik prestasie! Elke medalje-wenner is ook beloon met ‘n sonbril deur Mark Lawrence Optometrist.

Niemand kon ons entoesiastiese dirigente in hulle kleurvolle Flintstone- uitrustings mis kyk nie! Saam met die ywerige sangtoeskouers het hulle gesorg vir die nodige gees en aanmoediging. Graag bedank ons elke afrigter, atleet, dirigent en sangtoeskouer vir julle toewyding en harde werk. Saam maak ons ‘n wenspan. Dankie ook vir elke ouer en toeskouer vir u getroue ondersteuning.