Bystand te aan Wessel Cronje

Bystand aan Wessel Cronje
NHR het op Vrydag, 9 Maart, pers aangetrek vir Wessie Cronje

Die gemeenskap van Piet Retief het die afgelope ruk behoorlik hande gevat om bystand te verleen aan Wessel Cronje, of te wel, Wessie, wat tans veg teen pankreaskanker.

Van persgekleurde hare, tot manne wat dapper genoeg was om sommer hul hele haredos af te skeer. Niks kon sovêr die mense van Piet Retief keer om hul ondersteuning vir Wessie te wys nie. Daar is ook heelwat maatskappye wat pers klere aangetrek het. Familielede en vriende het gedurende verlede week aan die CANSA Relay deelgeneem en die Cape Cycling Challenge voltooi, ten bate van Wessie.

Daar is dae beplan waarop mense pers kon dra vir Wessie en verskeie skole het ook besluit om aan hierdie inisiatief deel te neem. Op die 16de Maart sal Hoërskool Piet Retief, asook Wittenberg Schule, pers aantrek terwyl Laerskool Piet Retief op Woensdag, 28 Maart, ’n fondsinsameling sal hou.

Familie en vriende wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om elke besigheid asook persoon in Piet Retief hartlik te bedank vir hul aanhoudende ondersteuning en finansiële bydraes. Baie dankie ook aan Haar Friseure wat bereid was om die mense se hare verniet te kleur en af te skeer.

Vir enigeen wat belang stel om bydraes te maak, gebruik gerus die volgende bankbesonderhede: Van der Walt & Van der Walt Trust Standard Bank Suid- Afrika Rekeningnommer: 031 172 784 Takkode: 05 33 44 Verwysingsnommer: CRO3/0001/LR