Brief aan Redakteur

Redakteur

Die Redakteur, Gedurende Januarie 2016, het ‘n man my by die werk besoek. Hy en sy vennoot wou met hoenders boer.

Hy wou by my weet, of ek my plot, sowat 30 kilometer uit die dorp op die Amsterdampad aan hulle wou verhuur. Aangesien dit toe nie bewoon was nie, het ek met die man ‘n mondelingse ooreenkoms aangegaan soos volg: Hy huur nie die plek nie, maar hy onderneem om die plek in stand te hou na die beste van sy vermoë. Hy onderneem ook om die meubels en ander goedere in die huis op te pas en te verhoed dat dit nie verniel of gesteel word nie.

Ook sou hy die Eskomrekening elke maand betaal. Hy sou egter volle vruggebruik van die eiendom hê om met hoenders te boer en groente te plant. Hy laat toe sy sekretaresse die huis bewoon. Later verneem ek dat die man en sy vennoot van mekaar vervreem is. Toe gebeur dinge Hy neem sy sekretaresse as nuwe vennoot. Die Eskomrekening raak agterstallig en word nie betaal nie. Die gevolg was dat die eiendom dus sonder krag en water was.

Beloftes van die regstelling van die kragrekening kom daar niks van nie. Die man trek weg dorp toe sonder enige kennisgewing. Ek kry die sleutels en vind dat die plek vuil en baie verwaarloos is. Daar is baie goed uit die huis weg. Ek maak ‘n diefstalsaak oop. Daar was nooit ingebreek nie, tog is daar geen vordering gemaak met die diefstalsaak nie.

Ek het besluit om die plot te verkoop. Vir sodanige kerkmens soos hy, wonder ek maar net hoekom ry hy met L registrasieplate. ‘n Verkorte berig. Pieter Botha 082 456 8201