HPR se pronkaand

HPR se pronkaand
Volle Erekleure

Hoërskool Piet Retief het sy vere reggeskud en gepronk met sy spogleerders van 2017. By die skool se jaarlikse prysuitdeling is ons skool se leerders vereer vir harde werk wat gelewer is op akademiese -, sport- sowel as op kulturele gebied hierdie jaar.

Baie dankie aan mev. Louret van Rooyen wat verantwoordelik was vir die puik organisasie van hierdie glansaand. Baie geluk aan al die leerders wat pryse ontvang het en ons skool se naam hoog gehou het op alle gebiede hierdie jaar. Ons wil graag die volgende leerders uitsonder wat die Prestige-pryse ontvang het.

Kultuurpersoonlikheid van die jaar : Amy Ballantyne Beste Sportprestasie: Sibusiso Madonsela Buitengewone Sportprestasie buite skoolverband : J.C. Potgieter Sportman van die jaar : Luco van der Walt Sportvrou van die jaar : Zunéldi Labuschagne Hoofleiers vir 2018 : Udo Böhmer en Marli Luyt GRAAD 12 VOLLE EREKLEURE: Ananja de Bruyn, Elizna Stapelberg, Arno Grobler, Claudia Schulenburg, Armand Lombard, Katelyn Pillay, Azelle Landman, Lindelani Makhanya.

Michelle Dedekind is spesiaal vereer vir die feit dat sy vir vyf jaar tussen vele operasies en ander ontberinge deur dit tot in haar matriekjaar gemaak het en sy het ‘n staande ovasie van haar mede-Pieties gekry. Die crème de la crème van alle pryse is welverdiend deur ons slim Duitsertjie, Christine Weber, in ontvangs geneem. Sy is die Dux Leerling vir 2017. Baie geluk aan alle Pieties en hulle ouers en geniet julle rustyd en die Feesgety. In 2018 pronk ons weer!