Brief – BEURTKRAG – Wat maak ons nou?

Excelsior News - Letter to Editor
Excelsior News - Letter to Editor

Die Redakteur, BEURTKRAG – Wat maak ons nou? Dit raak nou algemene kennis dat Eskom besig is om druk uit te oefen op munisipaliteite wat agterstallig raak met Eskomrekeninge.

Eskom dreig nou om krag na sekere dorpe af te sny of om byvoorbeeld Beurtkrag in te stel. Hoekom gebeur dit? Die belangrikste redes is myns insiens die volgende: Die begrotings van munisipaliteite word gebaseer op verwagte inkomstes wat die munisipaliteite hoop om te kry. Daardie verwagte inkomste realiseer egter nooit nie.

Op sterkte van die verwagte inkomste, word poste vir werknemers van munisipaliteite geskep. Dit is soos om die rieme van die vel van ‘n bok wat jy nog gaan skiet nou reeds te wil sny. Die meeste van hierdie poste is glad nie nodig nie, maar word geskep en gevul sodat die begunstigdes van die munisipaliteit daardie salarisse kan kry.

Daardie salarisse is belaglik hoog. Omdat die verwagte inkomste nie realiseer nie, omdat sekere mense die dienste kry, maar nie daarvoor betaal nie, neem feitlik al die munisipaliteite die geld wat vir krag deur die betalende belast ingbetalers betaal word en betaal die munisipale amptenare met die Eskomgeld, maar betaal nie die Eskomrekeninge nie.

Nieteenstaande die feit dat die inflasiekoers sedert 1994 hoog was en dorpe aansienlik uitgebrei het sedert dan, is alle dienste voor 1994 in alle munisipaliteite in die Mpumalanga provinsie, met minder as die helfte amptenare wat tans aangestel is gelewer en was hulle salarisse baie kleiner as nou. Die stadsraadslede het meestal geen salarisse gekry nie. Dalk ‘n honorarium aan die einde van die jaar, in vergelyking met die buitensporige salarisse wat burgemeesters nou ontvang. T

ans probeer die ANC beheerde stadsrade sjampanjelewensstyle voer op koeldrankinkomstes. Al die stadsrade in Mpumalanga is ANC beheerde stadsrade. Wat is die moontlike oplossings?

  1. Sny die krag af van alle wanbetalers. Sommige wanbetalers sal dan baie vinnig betaal. Die ander sal betoog. In daardie geval moet die munisipaliteit net sorg vir genoeg sekuriteit om hulle te bedwing.
  2. Vra die regering om die Eskomrekeninge vir die stadsrade te betaal. Ek is nie seker of die regering dit kan of wil doen nie.Hulle wil ook hulle baie amptenare aanhou betaal.
  3. Verhoog die munisipale tariewe drasties sodat daar genoeg geld is. Maar met daardie geld sal nog amptenare aangestel word en Eskom sal nog steeds nie betaal word nie. ‘Ring Fence’ die geld wat belastingbetalers vir krag betaal sodat daardie geld slegs vir Eskomrekeninge aangewend kan word. Ongelukkig sal dit ook nie genoeg wees nie omdat die stadsrade Eskom vir alle krag moet betaal – ook vir die krag wat aan mense gelewer word wat nie betaal nie.
  4. Ontslaan die helfte van die amptenary van die stadsrade. Dit sal ook nie werk nie. Die ANC se doel is ongelukkig nie om dienste te lewer nie, maar om poste te skep sodat hulle mense salarisse kan kry.
  5. Verminder die salarisse van die amptenary met 50%. Jy sal hulle maklik vervang met ander amptenare teen 50% van hulle salarisse as hulle die kleiner salarisse nie wil aanvaar nie.
  6. Laat die stadsraadslede sonder ‘n salaris werk. Voor 1994 het hulle dit gedoen. Die doel is juis om geleenthede te skep sodat ANC lede salarisse kan kry.
  7. Steun vir ‘n party wat die stadsrade kan en sal regruk. Oorweeg gerus die VF Plus Werner Weber Leier van die VF Plus Mpumalanga