JC Potgieter in Frankryk

JC Potgieter in Frankryk

Op die ouderdom van 14 het JC Potgieter op ‘n dag vir ‘n onderwyser gesê dat hy ‘n droom en doelwit het om in 2017 aan die Handgeweer Wêreldkampioenskappe te gaan deelneem.

JC het op 13 jarige ouderdom begin deelneem aan plaaslike kompetisies en ook in daardie jaar Mpumalanga kleure verwerf vir skiet. JC het hierdie jaar gedurende die Wêreldkampioenskap (wat op 27 Augustus tot 3 September in Chatteroux Frankryk aangebied is) aan die ‘2017 IPSC HANDGUN WORLD SHOOT deelgeneem.

Daar was 1500 deelnemers algeheel en in JC se afdeling was daar 21 juniors. Daar was 30 bane met verskillende hindernisse en jy kry 2 en half minute om die baan te memoriseer en dan moet jy skiet. JC het 5de geëindig. JC word geborg deur Frontier patrone en sorg hulle vir 20000 punte deur die jaar en hy skiet as deel van hulle span.

JC beplan om in 2018 aan meer internasionale kampioenskappe deel te neem, soos onder andere die Amerikaanse -, Nasionale – en die Europese kampioenskap. Hy kan ook binnekort as senior kwalifiseer en dan beteken dit moontlike springbokkleure. JC sê dit was ‘n onvergeetlike ervaring en dat dit ‘n goeie leerskool was.

Volgens ons kennis is JC ook die eerste persoon van Piet Retief wat al aan hierdie kampioenskappe deelgeneem het. Hy sê verder dat dit nie net ‘n kompetisie was nie, maar ook ‘n plek waar hy lewenslange vriende gemaak het.

JC het tydens hierdie kompetisie verdere doelwitte gestel vir die toekoms en het ervaar dat die wêreld oop is om ‘n mens se drome en passie te kan uitleef.