Ernstige motorfietsongeluk

Ernstige motorfiets ongeluk
Die tweede motorfiets was ook ernstig beskadig in hierdie ongeluk

Ernstige motorfietsongeluk. Op Sondag, 15 Oktober, was twee motorfietsryers in ‘n ernstige ongeluk, ongeveer 30 kilometer buite Piet Retief, op die Ermelopad betrokke.

Die motorfietsryers was op pad na Piet Retief. Volgens die getuies van ander motorfietsryers in die groep, het ‘n aankomende bakkie ‘n ander voertuig verbygesteek op ‘n sperstreep, by ‘n blinde hoogte. Die twee motorfietsryers moes uitswaai om ‘n ongeluk met die bakkie te vermy. Albei ryers het beheer oor hul motorfietse verloor op die grond en in die sloot langs die pad geland.

Ernstige motorfietsongeluk
Die een motorfiets het onderstebo tot stilstand gekom in die sloot

Die bestuurder van die bakkie het van die toneel af weggery! Een van die motorfietsryers is ernstig beseer en die ander een is op die toneel dood. Daar word ‘n ernstige beroep op motoriste gedoen om ten alle tye bewus te wees van ander padgebruikers en om nie kanse te vat nie. Jy mag nié op ‘n blinde hoogte of by ‘n sperstreep verby ‘n ander voertuig gaan nie!

Motorfietsryers word ook gevra om seker te maak dat hul ligte aan is, selfs gedurende die dag, en dat hul met die nodige veiligheidstoerusting ry. As alle bestuurders die nodige versigtigheid toepas, kan sulke ongelukke vermy word en onskuldige lewens kan gespaar word.