2017 Wêreldkampioenskap – IPSC World Shoot XVII

World Shoot
JC Potgieter in aksie

IPSC World Shoot XVII is iets van die verlede, en Piet Retief kan breëbors rondloop!

JC Potgieter het ons, en Suid-Afrika, se naam hoog gehou op die 2017 Wêreldkampioenskap in Châteauroux, Frankryk. Die IPSC World Shoot byeenkomste word elke drie jaar aangebied. Dan kies elke land die room van sy praktiese pistoolskuts om die res van die wêreld die stryd aan te sê. SAPSA het 21 standaardklas skuts van regoor Suid-Afrika gekies om die land in Frankryk te gaan verteenwoordig.

JC was een van slegs JC Potgieter in aksie twee junior skuts wat gekies is. Die junior afdeling is vir skuts tot en met 21 jaar oud. Omdat daar slegs twee juniorskuts gekies is en dus nie ‘n junior span ingeskryf is nie, het dit beteken dat daar nie amptelike Springbokkleure aan die juniors toegeken is nie. Toemaar JC, die African Handgun Championship 2018 is om die draai!

Na vyf harde dae se kompetisie, is die uitslae bekend gemaak. JC het ‘n algehele telling van 65.14% behaal, wat beteken dat sy telling 65.14% van die algehele wenner (die wenner se punt word gelykgestel aan 100% en die ander kompeteerders se punt word in verhouding tot dit aangepas), sewe maal Wêreldkampioen Eric Grauffel, was.

Dit is ‘n uitsonderlike prestasie, veral gemeet aan die wêreldklas kompetisie waaraan hy blootgestel is. JC was sewende algeheel van die Suid- Afrikaanse skuts, en het weereens die vloer gevee met ‘n hele paar Springbokskuts.

Maar dit is nie die beste nuus nie… Met ‘n vyfde plek algeheel in die junior (O/21) afdeling, beteken dit dat JC tans amptelik die nommer 5 IPSC Junior skut in die wêreld is!!

In 2020 kan hy weer as junior deelneem, en teen die tempo waarteen sy skietvernuf en erva-ring toeneem, is ek seker dat die ander manne hard sal moet baklei om hom uit die nommer 1 posisie weg te hou. Welgedaan JC! Ons is trots op jou! Terug na ons ‘gewone’ Skietpieties. Ons skiet Saterdag, 9 September, op Witrivier in die MPSA provinsiale liga. Lood sal spoedig terugvoer gee oor die dag se verrigtinge.

As jy belangstel oor ons doen en late, kontak gerus vir voorsitter Denzil op 083 625 1345. Hy sal al jou vrae met diepe insig kan beantwoord. Kom gee die gogga kans om te byt. Dit is die lekkerste lekker byt. Wederom, Lood.