Rugbyspelers presteer

Rugbyspelers presteer

Rugbyspelers presteer. 15 Junie, was die Mpumalanga Hoërskole Rugby Vereniging Sharks teen Pumas oefenwedstryde by die Piet Retief Rugbyklub gespeel.

Verskeie spelers van Hoërskool Piet Retief het van die spanne verteenwoordig. Hierdie spelers is:

O/18 Cravenweek: – Sibusiso Madonsela – Bongumenzi Dlamini – Lindelani Makhanya – Sphe Mthethwa Nkosinathi Mthethwa

O/18 Akademieweek (stedelik): – Austin Mnisi – Mpumelelo Mbuyisa – Mfihla Phakathi – Xolani Mavundla

O/16 Grant Khomo span: – Armand Coetzee – Nondumiso Dludlu Hierdie geleentheid bied spanne die kans om saam te oefen en te sien hoe hulle vergelyk teen die ander spanne, terwyl afrigters hul spanne kan finaliseer en kan seker maak dat die regte spelers vir die regte posisies gekies is. Die uitslae van die aand se wedstryde is soos volg:

O/18 Puma Platteland wen KZN

O/18-C 32-31, KZN O/18-B wen O/18 Puma Stedelik 31- 14,

O/16 KZN Grant Khomo wen Puma Grant Khomo 48-12 en O/18 KZN Craven Week wen Puma Craven Week 34-23.

Daar is plaaslike spelers wat ook vir spanne gekies is wat nie deelgeneem het aan hierdie wedstryde nie.

Die spelers is: O/19-A NWUPukke week – Alwande Sangweni O/19-B NWU Pukke week – Samkelo Ndlovu – Letha Vilakazi O/16-A Noorvaal week – SW Kriek Baie geluk aan elkeen van hierdie spelers.

Piet Retief is trots om te sien dat daar soveel uitblinker rugbyspelers is wat die dorp regoor die land verteenwoordig.