Vervalle gebou kry “rommelstatus”

Vervalle gebou kry “rommelstatus”
Vervalle gebou kry “rommelstatus”

‘n Eens spog gebou in Piet Retief is onlangs onveilig vir sake verklaar deur die Departement van Openbare Werke, maar dit stuit nie die haweloses nie en hulle gebruik die plek as ’n skuiling én ’n vullishoop!

Op die hoek van Joubert- en Krugerstraat was hierdie gebou voorheen die kantore van Sosiale Ontwikkeling, maar word tans nie meer gebruik nie en die deure en veiligheidshekke staan wawyd oop vir Jan Alleman om gebruik te maak van die perseel.

Dit wil voorkom of daar wel mense op die tweede verdieping van die gebou woonagtig is, maar op die grondvloer is dit ’n heel ander prentjie. Die reuk is ondraaglik en dit is duidelik dat mense die vertrekke gebruik om rommel te strooi maar nóg erger, menslike ontlasting is oral sigbaar! Wyk 7 se Raads-lid, I. Brussow, het aan die Excelsior Nuus bevestig dat hierdie gebou al ’n geruime tyd gelede onveilig verklaar is en dat dit afgebreek moet word.

Hulle sukkel tans vreeslik met hawelose mense wat daar binne vuurmaak en dit as ’n veilige hawe gebruik. Die polisie is selfs al ’n paar keer ontbied om die mense daar te verwyder. Die saak word tans aangespreek en hopelik sal daar spoedig iets daaromtrent gedoen word.

Rommel en menslike ontlasting is oral sigbaar en die stank in die lug is onuithoudbaar
Rommel en menslike ontlasting is oral sigbaar en die stank in die lug is onuithoudbaar